Granger bay, waterfront… Cape Town… pic.twitter.com/l4cyNPcgAE
— Peché Africa 🇿🇦 (@pmcafrica) June 9, 2024
WES-KAAP. – ‘n Man is Sondagmiddag met ‘n voertuig by die Oceana Powerboat Club in Granger Bay, naby die V&A Waterfront, die see in.
Die voorval, wat op film vasgelê is, word wyd op sosiale media versprei. Hier bo kan twee weergawes, een van Peché Africa en een van Steve Mark Pool, gesien word.
Volgens Capetown etc. het die man geen beserings opgedoen nie en het die klublede tot sy hulp gekom.
Het jy al so ‘n tipe onverklaarbare insident oorgekom?