TUINROETE. – Die tweede Matriekbaai op Mosselbaai het Vrydag 1 Desember afgeskop en sal tot 10 Desember voortduur. Die verrigtinge by Diassstrand is van 1 tot 7 Desember beplan en die afsluiting sal op 8 en 9 Desember by die AmfiHart-familiefees plaasvind.
Die gesogte matriekkamp is vir matrieks met Identiteitsdokumente geverifieer sodat slegs skoolverlaters van 18 tot 22 jaar toegelaat is.
Buiten Santos Dagparadys wat hierdie jaar nuut bygevoeg is, vind Mnr. en Mej. Matriekbaai 2023 ook plaas, waarvan die Top 15 finaliste reeds bekendgestel is. Die skoolverlaters kan na vermaak van verskeie musikante soos Locnville, Spoegwolf, Die Heuwels Fantasties, Early B, Van Pletzen, Polisiekar, Eloff en Jan Bloukaas uitsien.
Vervoer is beskikbaar en die SAPD staan reg om die veiligheid van die jong mense eerste te stel.
LayUp maak seker die jong valwassenes het ‘n opsie om die matriekvakansie van hul leeftyd af te betaal.
Het jy ‘n matrikulant wat tans die funksie bywoon en is jy tevrede hoe die verrigtinge en veiligheid daar uitsien?
Matriekbaai het soos volg op sosiale media aan ‘n ouer verduidelik:
Dis ‘n 5 dae dagprogram by Santos. Beplan vir 10 vm. tot 4 nm.
Ons gaan ‘n gedeelte van die strand privaat maak vir ons feesgangers.
Basies 2 dele. Een vir geen drank en aktiwiteite soos touchies en volleyball. Kan tan en swem. Die ander area vir kuier met DJ’s.
Diaz-hooffeesterrein gaan hoofsaaklik fokus meer op die laatmiddag- na aandprogram met die kunstenaars.
Hy sal steeds deur die dag oop wees, maar slegs ‘n dagpartytjie sal daar wees by pirates/beachbar. Geen ander aktiwiteite deur die dag nie.
Die hoofdag- en strandfokus is met die nuwe Santos Dagparadys.
Bronne: Matriekbaai Facebook-blad en Cinematic Travel SA
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel