KYK: Pasiënte ontruim toe hospitaal begin brand

Lees ook :

Foto: Hugo Minnaar en Pretoria Volunteer Emergency Services

GAUTENG. – Pasiënte van die ongeluk-en-noodgevalle-eenheid van dieTembisa- provinsiale tersiêre hospitaal moes Saterdagmiddag tydens ‘n brand ontruim word.

Motalatale Modiba, die woordvoerder vir die Gauteng-gesondheidsdepartement, sê in ‘n verklaring die pasiënte is na veilige plekke in die hospitaal geneem. Nadat die brand geblus is, is die eenheid skoongemaak en pasiënte is herevalueer. Geen beserings of lewensverlies is aangemeld nie.

Die hospitaal ontvang nie tans enige pasiënte nie, hulle word na ander hospitale verwys. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Hugo Minnaar sê Pretoria Volunteer Emergence Services het hulle na die toneel gehaas om hulp te verleen en bevestig die noodeenheid is totaal vernietig. Volgens Minnaar het verskeie dokters, verpleegpersoneel en paramedici op die toneel gehelp.

Indien die gemeenskap bekommerd is oor geliefdes, kan 011 923 2000 gebel word.Kyk ‘n video van Lesiba Malotana, die Gautengse hoof van die departement van die gesondheid, hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief