‘n Passasier se ontwrigtende en aggressiewe gedrag het daartoe gelei dat FlySafair-vlug FA600, wat Saterdag 10 Mei 2025 vanaf Johannesburg na Kaapstad onderweg was, na Bloemfontein herlei is.
Kirby Gordon, die hoof- bemarkingsbestuurder van FlySafair, het aan Nuusflits bevestig dat die betrokke vlug deur die voorval geraak is. Hy sê die kaptein het daardie besluit in die belang van almal aan boord geneem. Die passasier is op Bloemfontein se lughawe aan die SAPD oorhandig.
Hy is ook op FlySafair se “Geen-vlieglys” geplaas. Ooreenkomstig die lugredery se bepalings en voorwaardes, sal hy ’n faktuur kry vir die volle koste van die herlei van die vlug, insluitend brandstof en landingsfooie. Die bedrag kan tot R100 000 beloop.
FlySafair het die passasiers wat die bemanning gehelp het om die situasie te ontlont, bedank en sy verbintenis tot veiligheid herbevestig.
@kundaimurapa Fly Safair in-flight drama. South Africa is a comedy😅🤌🏾
♬ original sound – kundaimurapa
Die video is deur @kundaimurapa op TikTok gedeel. Nikki Horsten wat op die vlug was het op Radio Jacaranda 94.2 se plasing van die voorval verduidelik hoe sy die voorval beleef het:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





