WES-KAAP. – Prins William van Britanje en Robert Irwin, seun van die immergewilde Steve Irwin, Crocodile Hunter, het ‘n video-opname uit Kaapstad op sosiale media gedeel. Hulle het ook gesê watter diere in Suid-Afrika hulle gunstelinge is.
Terwyl die prins vir ‘n 4-dag toer en die oorhandiging van die Eartshot-prys in Suid-Afrika is, is Irwin op die paneel van die Earthshot Prize-toekenning.
Die twee het op Seinheuwel gaan stap en die video-opname hier bo gemaak.
Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, sê: “Wat ‘n voorreg om vir prins William en Robert Irwin ons pragtige Kaapstad te wys!” ![]()

Bron: Royal News, Royal Banter, Mayor Geordin Hill-Lewis





