Oorsteek van 1.5°C-drempel vir aardverwarming gaan hele 2024 duur

Lees ook :

Wetenskaplikes voorspel hele 2024 gaan 1.5°C-drempel vir aardverwarming oorsteek
Wetenskaplikes voorspel hele 2024 gaan 1.5°C-drempel vir aardverwarming oorsteek fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog reën voorspel vir Spanje na oorstromings

Wetenskaplikes het voorspel dat 2024 die warmste opgetekende jaar ooit sal wees, met die 1.5°C-drempel vir aardverwarming heeljaar oorgesteek.

Data van Copernicus, die klimaatmonitor, Berkley Earth en die VK Met-kantoor ondersteun die voorspelling.

Die eerste toename in temperature is aan die begin van die jaar deur El Niño aangevuur, maar die hitte het voortgeduur, selfs na die verskynsel verby was.

Fossielbrandstof is besig om meer hittegolwe en warm temperature, asook meer natuurlike rampe, te veroorsaak.

Die laaste maand is gekenmerk deur oorstromings in Spanje, orkane in die VSA, brande in Peru en vloede in Bangladesh.

Bronne: Science Alert, Science Direct, Scientific American

Lees ook: Nog reën voorspel vir Spanje na oorstromings

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief