Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: TikTokker skeer gek met Mej. SA-kompetisie

Kyk TikTokker skeer gek met Mej. SA-kompetisie. Foto: @juxxjustice
Kyk TikTokker skeer gek met Mej. SA-kompetisie. Foto: @juxxjustice

Lyk baie inskrywingsvideo’s vir skoonheidskompetisies vir jou dieselfde? Vir TikTokker @juxxjustice was dit beslis die geval.

In ’n video wat al meer as 60 000 gekyk is, stel sy haarself as Johanna Burger bekend wat ’n inskrywingsvideo vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie maak.

Sy maak dan na hoe ’n aspirantdeelnemer sal klink. “I want to be the Africa for your human rights,” spot sy.

“Vote for Johanna Burger because I am the burger you will never regtret tasting,” sluit sy haar video af.

Kykers het haar video as skreeusnaaks in die kommentaarafdeling beskryf. @juxxjustice is ’n komediant.

Bron: TikTok