KWAZULU-NATAL. – Motoriste het Dinsdagaand die opblaas en roof van ‘n kontantwa op die N2 tussen Mandeni en Gingindlovu afgeneem. Twee persone is beseer.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê ‘n personeellid van die kontantwa is ernstig beseer nadat hy geskiet is. ‘n Tweede het geringe beserings opgedoen.
“Beide is op die toneel deur IPSS Medical Advanced Life Support gestabiliseer, waarna hulle vir verdere sorg na geskikte fasiliteite vervoer is.”
Die N2-hoofweg was vir ‘n geruime tyd vir verkeer gesluit.
Nuusflits het die video-opname van die hele misdaad ontvang. Die naam van die motoris wat dit afgeneem het, is tans nog onbekend.





