KYK: Trump se KI-gegenereerde ‘Jesus’-foto van homself verskyn en verdwyn

Lees ook :

Foto's: Skermgrepe Donald Trump X en Truth Social

VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n KI-gegenereerde foto van hom in ‘n wit kleed met ‘n lig wat sy hand skyn terwyl hy ‘n siek man aanraak, op Truth Social verwyder nadat dit groot reaksie ontlok het. Hy ontken dat hy homself as Jesus wou uitbeeld en het gesê hy het gedink dit stel hom eerder as ‘n dokter voor wat mense help. Die gewraakte plasing is gemaak ure nadat hy op Truth Social teen die pous uitgevaar het. Hy verduidelik sy motief in die YouTube-video hier onder aan PBS News.

Die plasing het wyd kritiek ontlok, selfs van sommige van sy ondersteuners en konserwatiewe kommentators, wat dit as onvanpas en godslasterlik beskryf het. JD Vance, Trump se adjunkpresident, het intussen gesê die plasing was bedoel as ’n grap en dat dit verwyder is omdat baie mense dit verkeerd verstaan het.

Bronne: PBS News, NBC News, CNBC, AL Jazeera, BBC, Sky News, New York Post

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief