Kyk: Twee beseer toe olifant in Zambië aanval

Lees ook :

ZAMBIË, AFRIKA. – Twee mense is beseer nadat hulle deur ’n olifant in Zambië se Kafue- nasionale park aangeval is.

Volgens Kruger Magazine word die twee beseerdes na Lusaka geneem. Daar word tans bespiegel dat ook ’n derde persoon beseer is en oorlede is.

In die video kan gesien word hoe ’n olifant ’n voertuig jaag en uiteindelik inhaal voordat dit omgekeer word.

Verdere inligting oor die insident is nog nie bekend nie. Kafue- nasionale park is in die weste van Zambië geleë.

Die volgende video van die voorval is op sosiale media geplaas:

Bronne: Kruger Magazine, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief