Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.
VRYSTAAT. – Die N1-hoofweg naby die Verkeerdevlei-tolhek is vanoggend vir verkeer gesluit. Twee vragmotors en ‘n ligte motorvoertuig was in ‘n ongeluk betrokke.
Kapt. Loraine Earle sê die ongeluk het omstreeks 09:30 gebeur. Alle rolspelers is na die toneel ontbied.
“Die N1-hoofweg is by Winburg gesluit. Verkeer word na Theunissen herlei om weer op die N1-hoofweg by Bloemfontein aan te sluit. Aan die Bloemfontei- kant is die N1-hoofweg by die Brandfort-afrit gesluit en verkeer word na die R30-pad herlei.”
Die video-opname is aan Nuusflits gestuur. Videokrediet is onbekend.





