KYK: Vermaaklikheidskunstenaar praat oor keuse van ‘selfbevryding’ voordat hy in hotelkamer sterf

Lees ook :

Foto: Charl van Heyningen

Ian von Memerty (61), veelsydige en geliefde vermaaklikheidskunstenaar, het vroegoggend op 23 Februarie in ‘n hotelkamer in Johannesburg aan sy eie hand gesterf. Sy familie het in ‘n verklaring gesê hulle is diep bedroef oor sy heengaan en het gevra vir privaatheid en respek terwyl hulle die verlies verwerk. “As familie het ons alles moontlik gedoen om hom met liefde en respek by te staan op sy lewensreis,” lui die verklaring.

Von Memerty, wat onder meer onthou sal word as aanbieder van Strictly Come Dancing en SA’s Got Talent, het in 15 video’s oor sy keuse om sy eie lewe te beëindig, gemaak en op sosiale media geplaas. Die laaste plasing is op 24 Februarie gedeel, toe hy reeds gesterf het. In een van die video’s praat hy oor sy keuse en sy familie wat agterbly. In ‘n ander verduidelik hy sy siening en die verskil tussen “selfverlossing” (self-deliverance) en selfdood. Die video’s kan hier onder gesien word.

Charl van Heyningen, sanger en radio-omroeper, en ‘n goeie vriend van die oorledene, het in ’n emosionele huldeblyk gesê dat vrees vir ’n moeilike oudag glo ’n rol in Von Memery se besluit gespeel het. Volgens hom was daar ’n klein groepie vriende wat in sy laaste ure met hom in verbinding was. Van Heyningen het hom beskryf as ’n mentor, raadgewer en boesemvriend met uitsonderlike talent en ’n skerp verstand. “Die lag was legio. Ons band was sterk. Ek mis jou,” het hy geskryf.

Lees die sosialemediaplasings van die familie en Van Heyningen hier onder:

ANNOUNCEMENT: We are sad to announce that our beloved Ian von Memerty passed away at the age of 61 in Johannesburg in the early hours of 23 February 2026. As a family we have done everything we can to love & respect him on his journey. We ask for privacy & respect as we deal with our own pain, having lost someone we’ve loved very much.

Charl van Heyningen: My vriend Ian von Memerty is dood. Vrees vir ‘n oudag van armoede en liggaamlike aftakeling het hom sy eie lewe op ouderdom 61 laat neem. Steeds sterk, gesond en vol lewe. Afgesien van sy familie was ons 4 uitverkorenes wat sy laaste ure via WhatsApp saam met hom deurgemaak het voor hy ons in die vroeë oggendure van 23 Februarie verlaat het in ‘n hotelkamer in Johannesburg. Daar is so baie wat ek kan en wil sê, maar ek gaan volstaan deur bloot te sê rus sag, my vriend. Ons band was sterk. Die lag was legio. Jy was ‘n mentor, ‘n raadgewer, ‘n boesemvriend. En daai flippen talent van jou. En daai brein. Ek mis jou. Ek wens jy wou die hulp hê wat ek kon bied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

2 Responses

  1. hello!,I like your writing very much! share we communicate more about your article on AOL? I need an expert on this area to solve my problem. Maybe that’s you! Looking forward to see you.

  2. I keep listening to the reports talk about getting boundless online grant applications so I have been looking around for the best site to get one. Could you tell me please, where could i get some?

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief