KYK: Voormalige persoonlike assistent van Ace Magashule vra borg

Lees ook :

Foto: NVG

VRYSTAAT. – Moroadi Cholota (37), die voormalige persoonlike assistent van Ace Magashule, voormalige premier van die Vrystaat, het vandag in die Bloemfontein-landdroshof vir borg aansoek gedoen.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê Cholota is een van die beskuldigdes in die Vrystaat-asbessaak. Sy word van onder meer korrupsie en bedrog beskuldig. Die borgaansoek is teengestaan.

Cholota se uitleweringsbevel van die VSA na SA is op 31 Julie bekragtig, waarna sy op 8 Augustus in SA aangekom en dadelik deur die Valke ontvang is.

Die borgaansoek is tot 13 Augustus uitgestel en sy bly in aanhouding.

“Die staat het die uitstel versoek, aangesien die aanklaer eers die oggend van haar verskyning ‘n afskrif van die beskuldigde se borgtogaansoek-eedsverklaring ontvang het. Bykomende tyd is nodig om die inhoud van Cholota se beëdigde verklaring te bestudeer en te reageer oor waarom die staat haar aansoek teenstaan.”

Ace Magashule en ander is ook beskuldigdes in die saak. Die aanklag van korrupsie en bedrog gaan oor ‘n asbeskontrak van R255 m. in die Vrystaat wat sonder behoorlike verkrygingsprosesse toegeken is. Ander beskuldigdes het reeds op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en meer klagtes in die hof verskyn.

“Magashule, Edwin Sodi, Blackhead Consulting en Thabane Zulu het voorheen ‘n aansoek gebring waarin die hooggeregshof gevra is om te bevind dat daar geen prima facie-saak is wat ‘n suksesvolle vervolging teen hulle kan volhou nie. Dié aansoek is deur die hof van die hand gewys.”

“Hulle is almal saam met Nthimotse Mokhesi, Mahlomola Matlakala, Sello Radebe, Kgotso Manyeki, Sarah Mlamleli, Nozipho Molikoe, Albertus Venter, Moroadi Cholota, Margaret-Ann Deidericks, en drie ander maatskappye, 602 Consulting Solutions, Mastertrade 232 en Ori Groep, aangekla.”

Senokoatsane sê die verhoor sal na verwagting vanf 15 April tot 23 Junie 2025 in die hooggeregshof in Bloemfontein plaasvind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief