KYK: Vragmotor ploeg in voertuie en vragmotors in, N3 gesluit

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – Meer as 14 persone het beserings opgedoen toe ‘n vragmotor vanoggend (Donderdag) ná 07:00 op die N3 by die Cliffdale-afrit deur verskeie voertuie en vragmotors geploeg het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê een insittende van ‘n voertuig is kritiek beseer en moes met spesiale toerusting deur Red-Line Rescue en die Ethekwini-brand-en-reddingsdienste uit ‘n wrak bevry word. Die Netcare911-lugambulans is ontbied om die pasiënt na ‘n hospitaal te vlieg. Bane in albei rigtings is vir verkeer na Pietermaritzburg en Durban gesluit.

Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê voorlopige aanduidings is dat die vragmotor se remme glo omstreeks 07:40 naby die N3, Hammersdale, gefaal en in 14 voertuie ingeploeg het. Botha sê die ongeluk word deur owerhede ondersoek. Hy bevestig een persoon is kritiek beseer, terwyl nog 14 persone beseer is.

Video’s verskaf deur ALS Paramedics en Kwazulu Private Ambulance Service

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief