KYK: Vyf persone sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Vyf persone het Saterdagmiddag gesterf toe ‘n voertuig met insittendes op die M25 in die KwaMashu-area naby Phoenix, noord van Durban, deur ‘n vragmotor getref is.

Garrith Jamieson van ALS Maramedics sê hulle is omstreeks 13:00 na die toneel naby die Ramdaries-afrit. ‘n Toneel wat die hele pad versper het, het paramedici begroet. ‘n Voertuig wat in die rigting van die N2 op pad was en beheer verloor het, is oor die middel van die pad en het met twee voertuie en toe ‘n vragmotor gebots. Al die insittendes van die voertuig is noodlottig beseer.

Durban-brandweer het reddingskake en ander hidrouliese toerusting gebruik om die vasgekeerde liggame uit die wrak te bevry. Die insittendes van die voertuig is op die toneel dood verklaar. Twee insittendes van ander voertuie is lig beseer en is op die toneel behandel, voordat hulle na ‘n hospitaal vervoer is.

Jamieson sê die pad na KwaMashu was vir ure gesluit om skoonmaak en die ondersoek van omstandighede toe te laat.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die Phoenix-kantoor het verskeie oproepe vir hulp van verbygaande motoriste ontvang. Met aankoms op die ongelukstoneel, omstreeks 13:30, was brandweerlede besig om vier liggame wat in ‘n Toyota-voertuig vasgekeer was, uit te haal. Nog ‘n liggaam is onder die Mercedes-Benz Actros-vragmotor aangetref.

Rusa sê volgens getuies het die motor glo teen ‘n hoë spoed vanaf KwaMashu in die rigting van Avoca Hills gery. Die bestuurder het op ‘n draai teen ‘n padreling vasgery, waarna die voertuig die lug in is en in die baan vir aankomende verkeer beland het. Een van die voertuig se insittendes is met die momentum uit die motor gewerp.

Die vragmotor met ‘n sleepwa, wat in die teenoorgestelde rigting op pad was, het die voertuig getref en dit vergruis.

Rusa sê die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App