Speletjies vir die langpad saam met jou kinders in die feesseisoen

Lees ook :

Speletjies vir die langpad saam met jou kinders in die feesseisoen
Speletjies vir die langpad saam met jou kinders in die feesseisoen

Met die feesseisoen om die draai gaan duisende Suid-Afrikaners met vakansie of selfs net vir ’n naweekwegbreek en dan is speletjies ‘n lekker manier om kinders besig te hou. Dit is altyd lekker om die kinders se aandag op die langpad op iets beter, soos speletjies, gefokus te hou as om heeltyd met hul sibbe te baklei.

Hier is vyf maklike speletjies wat jy saam met jou kinders kan speel wanneer julle vir ’n geruime tyd op die pad gaan wees.

Skattejag

Maak voor die reis ‘n lys van items wat jy waarskynlik op die pad sal sien, soos ‘n blou advertensiebord, koeie, ‘n motorfiets, ensovoorts. Jou kinders kan op die uitkyk wees vir hierdie items en tred hou met wat hulle sien. As hulle alles op die lysie kry, wen hulle ‘n klein prys.

Noem daardie liedjie

Hier is ‘n liedjie-geïnspireerde motorritspeletjie. Maak beurte om ‘n liriek van ‘n liedjie te sing. Die res in die motor kan die sanger of titel raai en kry bonuspunte as hulle albei raai. Hierdie reisspeletjie werk die beste vir ouer kinders en tieners.

LEES OOK: Polisiekantoor van vuurwapens beroof

Die alfabet-spel

Een persoon kies die regterkant van die pad, en iemand anders die linkerkant. Elke speler soek letters van die alfabet wat op tekens of nommerplate aan hulle kant verskyn. Die doel van die speletjie is om al die letters van die alfabet in volgorde (A tot Z) uit te wys. Die eerste persoon wat die hele alfabet raaksien, wen.

Die nommerplaatspeletjie

Almal in die motor moet probeer om die nommerplate van al die verskillende provinsies in Suid-Afrika op te spoor. Wie ‘n provinsie se nommerplaat eerste uitroep, kry ‘n punt. Die familielid met die meeste punte aan die einde van die rit wen.

Sou jy eerder?

Begin ‘n rondte van “sou jy eerder?” met almal wat beurte maak om vergesogte vrae aan die familie te vra. Soos byvoorbeeld, sou jy liewer sjokolade of pizza vir ‘n hele dag eet? Sou jy eerder die vermoë wou hê om te vlieg of onsigbaar te word?

Bron: Parents.com

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief