GAUTENG. – Volgens ‘n video-opname het Louis Liebenberg onlangs fisiese kontak met sy vrou, Dezzi Liebenberg, gehad toe hy in die Bronkhorstspruit-landdroshof voorgekom het.
Die SAPD sê daar is word van die opname kennis geneem waarin die beweerde voorkeurbehandeling van fisiese kontak wat beskuldigdes in aanhouding toegeval het, voorkom.
Die insident word deur die polisiebestuur ondersoek en interne departementele stappe is teen die betrokke polisielede ingestel.
Buiten die neem van die video waarmee die Popi-wet oortree word, sal daar ook tydens die ondersoek vasgestel word of die inhoud van die sak van die dame deursoek is. Deursoeking van sakke verseker dat dit nie items bevat wat ontsnappingspogings tot uitvoer kan bring of lewens van ander beskuldigdes in gevaar stel nie.





