Anton Goosen (80) en sy vrou Estie het ongeveer ‘n week gelede die ouers van ‘n babaseun geword. Die bekende sanger en liedjieskrywer, het ‘n nuwe betekenis aan oud, maar nog nie koud nie, gegee.
Goosen het die aankondiging van sy babaseun se geboorte op sosiale media gemaak – kompleet met ‘n foto van ‘n blou vlag wat hy hys. Anton-Jean is op 20 Junie gebore, weeg 3.28 kg en is 51 cm lank.


Foto: Anton Goosen





