OUDTSHOORN, WES-KAAP. – ’n Inwoner het Maandag op die liggaam van ’n baba op Oudtshoorn se stortingsterrein afgekom.
Nooddienste en die Oudtshoorn-SAPD is na die toneel ontbied. Die baba is met hulle aankoms dood verklaar.
Volgens Christopher Spies, polisiewoordvoerder, word ’n saak van geboorteverberging ondersoek.
Enigiemand met inligting rakende die insident of die ma, kan AO Gregory Veldsman by 044 203 9200 of 079 894 1897 kontak.
Bronne: SAPD, Die Hoorn





