Lees ook: Polisieman van Mpumalanga in hegtenis wat glo vrou met bottel doodsteek
OUDTSHOORN. – ‘n Vrou (42) se liggaam is Maandag in die Olifantsrivier op Oudtshoorn gevind.
Leah Pockpas het glo in die water geval op pad huis toe na sy Saterdagaand by vriende gekuier het. Sy is Sondag by die polisie as vermis aangemeld.
‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die polisie het gesê sy was glo saam met drie ander mense toe sy verdwyn het.
Die polisie ondersoek tans die saak.
Bronne: IOL, VN Explorer, Oudtshoorn Courant
Lees ook: Polisieman van Mpumalanga in hegtenis wat glo vrou met bottel doodsteek





