Liggame van seuns uit Mthathadam gehaal

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – Die liggame van twee seuns (12) is Maandag deur die polisie in Lusikisiki se K9-eenheid uit die Mthathadam gehaal.

Kapt. Welile Matyolo sê die twee seuns het Sondag omstreeks 14:00 in die dam verdrink. Hulle was deel van ‘n groep kinders wat geswem en toe onder die water verdwyn het. Die polisie is ontbied en ‘n soektog is geloods. Weens swak sigbaarheid is die soektog Maandag hervat.

Serse. Makhosonke en Nduva van die soek-en-reddingspan het die liggame suksesvol uit die diep, troebel water gehaal.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief