SWITSERLAND. – ‘n Lugwaardin van die Swiss International Airlines het op 30 Desember in ‘n hospitaal in Graz, Oostenryk, gesterf, na ‘n noodlanding weens rook wat die vliegtuig gevul het. Die insident het op 23 Desember plaasgevind toe vlug LX1885 van Bucharest na Zurich op pad was.
Die Airbus A220-300 het motorprobleme gehad wat die rook in die vliegtuig veroorsaak het. Die vliegtuig het veilig op Graz se lughawe geland, waar 74 passasiers ontruim is. Twee passasiers is na die hospitaal geneem. Een van hulle het later gesterf as gevolg van ‘n gebrek aan suurstof, wat ‘n breinbesering en swelling veroorsaak het. Die ander bemanningslid was in ‘n stabiele toestand.
Swiss Airlines se uitvoerende hoof, Jens Fehlinger, het hartseer oor die verlies van die jong kollega uitgesrpeek en sy medelye aan die oorledene se familie oorgedra.
Die maatskappy werk saam met owerhede om die presiese oorsaak van die insident te bepaal.
Bronne: SwissInfo, TravelRadar.