Lugwaardin van Swiss Airlines sterf nadat rook ‘n noodlanding afdwing

Lees ook :

(Foto: Swiss Airline)

SWITSERLAND. – ‘n Lugwaardin van die Swiss International Airlines het op 30 Desember in ‘n hospitaal in Graz, Oostenryk, gesterf, na ‘n noodlanding weens rook wat die vliegtuig gevul het. Die insident het op 23 Desember plaasgevind toe vlug LX1885 van Bucharest na Zurich op pad was.

Die Airbus A220-300 het motorprobleme gehad wat die rook in die vliegtuig veroorsaak het. Die vliegtuig het veilig op Graz se lughawe geland, waar 74 passasiers ontruim is. Twee passasiers is na die hospitaal geneem. Een van hulle het later gesterf as gevolg van ‘n gebrek aan suurstof, wat ‘n breinbesering en swelling veroorsaak het. Die ander bemanningslid was in ‘n stabiele toestand.

Swiss Airlines se uitvoerende hoof, Jens Fehlinger, het hartseer oor die verlies van die jong kollega uitgesrpeek en sy medelye aan die oorledene se familie oorgedra.

Die maatskappy werk saam met owerhede om die presiese oorsaak van die insident te bepaal.

Bronne: SwissInfo, TravelRadar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief