‘Luukshede’ in Pollsmoor afgevat

Lees ook :

Foto's: DKD en Heartfm News

WES-KAAP. – Meer as 800 gevangenes en Pollsmoor-gevangenis is Woensdag deur die departement van korrektiewe dienste (DKD) deursoek, waartydens op onder meer 119 selfone beslag gelê is. Dr. Pieter Groenewald, DKD-minister, het voorheen gesê deursoekings by korrektiewe instellings sal regdeur die land voortduur.

Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die deursoeking is in die aand uitgevoer. Buiten die selfone, is selfoonherlaaiers en ander selfoontoerusting, simkaarte, 81 skerp voorwerpe, 37 daggapype, 305 pakkies dagga, tik en Mandrax-tablette, so wel as kontant en ander items by die gevangenes afgeneem.

Makgothi Thobakgale, DKD- nasionale kommissaris, sê die operasie was daarop gemik om die departement se verbintenis tot ‘n veilige omgewing vir aangehoudenes en amptenare te versterk.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief