Ma en dogter wat doodgeskiet is se name bekend

Lees ook :

Foto's: Women For Change

KWAZULU-NATAL. – Sa’eedah Baderdien en Zara (3), haar kleuterdogter, is Saterdag deur Baderdien se eks doodgeskiet voordat hy homself om die lewe gebring het.

Volgens Women For Change was Baderdien tuis toe die manspersoon met die kleuter by die huis aankom. Sy het die voertuig genader om die kleuter te kry. Na bewering het hy toe op haar geskiet en met die kind na sy huis gevlug. By sy huis het hy eers die kleuter geskiet en toe selfdood gepleeg.

Baderdien laat volgens die plasing nog twee kinders agter.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

‘n Pa het Saterdag eers sy eks en kleuterdogter (3) in Clayfield, Phoenix doodgeskiet voordat hy die vuurwapen op homself gerig het.

KZN VIP Protection Services is kort na 13:00 na ‘n skiettoneel ontbied. Met aankoms is getraumatiseerde lede van die publiek wat die insident aanskou het, aangetref. Volgens voorlopige aanduidings is verskeie skote en ‘n vrou wat om hulp skree, gehoor.

Met die hulp van reaksie-eenhede en mediese beamptes wat ingeroep is, is daar saam met die SAPD en GPF, asook ander sekuriteitsdienste na die verdagte gesoek.

By die man se huis is daar op die gru-toneel afgekom. Al drie die gesinslede is dood verklaar, die vrou by haar huis en die kind en man by sy huis.

KZN VIP Protection Services sê die toneel het lede van die gemeenskap sowel as nooddienspersoneel getraumatiseer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief