Ma en jong kinders sterf in brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Ma (43) en haar twee jong kinders, onderskeidelik 3 en 8 jaar oud, het Saterdagoggend vroeg in ‘n brand in ‘n shack in Bloemspruit omgekom.

Sers. Mahlomola Kareli sê die polisie is omstreeks 02:45 na die toneel waar ‘n shack deur ‘n brand vernietig is. Die drie liggame is binne-in die uitgebrande struktuur aangetref. Die ma en haar kinders is op die toneel dood verklaar.

‘n Voorlopige ondersoek dui aan die brand kon deur ‘n brandende kers in ‘n kamer, waar ‘n ouer seun gewoonlik slaap, veroorsaak gewees het. Dié seun was na bewering nie by die huis toe die brand uitgebreek het nie, maar met sy teruggekeer het hy die brand gesien en hulp gesoek. Bure het sonder sukses probeer om die brand met bakke water te blus.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die omstandighede van die brand vas te stel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief