Ma en kêrel wat glo 4-jarige doodmaak se saak uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die saak van Lerato Ntsimango (31) en Ofense Mabeo (26), wat teregstaan op aanklag van die moord op Ntsimango se 4-jarige seun, is tot 25 Oktober uitgestel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Ma (31) en haar kêrel (26) is Donderdagaand op aanklag van die moord op ‘n 4-jarige seun in hegtenis geneem. Die ma het glo aan die plaaslike raadslid erken hulle het die seun vermoor.

Lt.kol. Amanda Funani sê volgens verslae is die seun na bewering verlede jaar vermoor en in ‘n vlak graf in bosse aan die buitewyke van Boitekong begrawe.

Inwoners wat die seun sedert Julie 2023 nie gesien het nie, het onraad vermoed. Die ma het glo verskonings opgemaak. Lede van die gemeenskap het verlede week die plaaslike raadslid genader en die ma het glo aan hulle erken die seun is deur haar en haar kêrel doodgemaak en begrawe. Die ma en die kêrel is deur die gemeenskap aan die polisie oorhandig.

Beide sal vandag op aanklag van moord in die Rustenburg-landdroshof voorkom.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief