KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (24) het glo óf Donderdagaand óf Vrydagoggend vroeg sy meisie (22) en hulle kleuter (3) in Danganya, Umgababa, doodgesteek. Die man het daarna vermoedelik sy eie lewe geneem.
Kol. Robert Netshiunda sê die liggame is Vrydagoggend ontdek. Met die polisie se aankoms op die toneel is die vrou en kleuter met veelvuldige steekwonde in ‘n plas bloed aangetref. Die man het aan die dak in die huis gehang. Die oorledenes se identiteitsdokumente was op die bed geplaas.
Netshiunda sê die motief vir die moorde is deel van die Umkomaas-polisie se moord- en geregtelike doodsondersoeke.
Izindaba-Ditaba News het die man as Mlondi Cele, die vrou as Bongeka Makhathini en die kleuter as Okuhle geïdentifiseer. Cele is ‘n neef van voormalige polisieminister Bheki Cele.


Foto’s: Izindaba-Ditaba-News





