GAUTENG. – Serah-Lee Venter (27), ’n ma van twee, wat sedert Dinsdag 29 September vermis is, is steeds soek. Sy is laas in Theresapark, Pretoria, gesien.
Volgens Missing Person South Africa is Venter se verdwyning by die polisie aangemeld. Venter het gekleurde blonde hare en groen oë. Sy het twee dogters, van wie een op 1 April gebore is.
Haar familie vra enigiemand met inligting oor waar sy haar kan bevind om 076 905 8874 te bel of ’n WhatsApp-boodskap na dié nommer te stuur. Inligting kan ook by die naaste polisiestasie aangemeld word.
Bronne: Missing Person South Africa, Missing in SA, Missing Children South Africa, Renegades
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: