NAMIBIË. – ’n Ma (37) van Namibië sal na verwagting vandag, 17 April, in die hof verskyn op aanklag van die verkragting van haar seun (9).
Volgens Oshana-polisie is die kind glo gebrand as hy nie toegegee het nie. Hulle het na bewering inligting van ’n bekommerde inwoner gekry wat in dieselfde buurt as die ma en seun gebly het. Die beweerde misbruik het glo herhaaldelik plaasgevind.
Die seun is na ’n plek van veiligheid geneem terwyl sy ma aangekla word.
Bronne: Kosmos 94.1, Iono





