Ma wat seun aanrand tot hy ineenstort kry opgeskorte vonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Ma (40) van Carnarvon is Donderdag vir aanranding met die doel om ernstig te beseer op haar seun (12) in die Carnarvon-landdroshof skuldig bevind. Sy is ‘n vonnis van ses jaar tronkstraf, in geheel opgeskort vir vyf jaar, opgelê.

Lt.kol. Sergio Kock sê die ma het die seun op 28 September 2023 beskuldig dat hy van sy stiefpa gesteel het. Die seun is aangerand totdat hy inmekaargesak en sy tannie tussenbeide getree het. Hy het beserings aan sy gesig en lyf opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem. Daarna is hy deur maatskaplike dienste uit sy ma se sorg verwyder en by sy tannie in pleegsorg geplaas.

Die ma is in hegtenis geneem en deur die hof skuldig bevind. Haar naam word in die nasionale register vir kinderbeskerming aangeteken en sy is onbevoeg om ‘n vuurwapen te besit.

Speur.AO Floris Fritz van Carnarvon-GKS is vir die suksesvolle ondersoek en vonnisoplegging geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief