Brekende Nuus
Afrikaans

Maak jou eie roomys!

(Fotokrediet: Unsplash)
(Fotokrediet: Unsplash)

Ryk, romerig en tuisgemaak. Hier is ‘n resep vir die heerlikste volroom-roomys wat jy nog ooit gemaak het, met net drie bestanddele. Perfek vir die warm somersdae wat voorlê.

1 l vars room (yskoud, verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 t vanieljegeursel

Giet die room in ‘n lekker groot mengbak en voeg vanielje-geursel by. Klop tot styf en verdubbel die volume met jou elektriese klitser op die hoogste spoed. Vou die kondensmelk in en meng dit goed deur. Skep in 2 l roomyshouer en vries vir ses tot agt ure.

Opsioneel: Vou gekapte sjokolade of koekies saam met die kondensmelk in.

Siedaar! Jou eie tuisgemaakte roomys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.