Brekende Nuus
Afrikaans

Man brand dood in voorval van vermoedelik boendoegeregtigheid in Kaapstad

Die Grassy Park-gemeenskapspolisiëringsforum is bekommerd.

Man brand dood in voorval van vermoedelik boendoegeregtigheid in Grassy Park
Man brand dood in voorval van vermoedelik boendoegeregtigheid in Grassy Park foto: MSN

Geen arrestasies is gemaak ná wat blykbaar ‘n voorval van boendoegeregtigheid in Grassy Park was.

’n Voertuig met drie mans binne-in is Dinsdag aan die brand gesteek. Een van die mans is dood.

Joseph Swartbooi van die SAPDhet gesê: “Twee van die mans wat in die voertuig was, het daarin geslaag om van die toneel te vlug. Die verdagtes moet nog in hegtenis geneem word. Die motief vir die aanval is onbekend.”

Die Grassy Park-gemeenskapspolisiëringsforum is bekommerd.

Die GPF se Nicole Jacobus het gesê: “Die polisie het ‘n oproep ontvang oor ‘n beweerde ontvoering gegrond op wat mense op sosiale media plaas. Dit het daartoe gelei dat iemand weens beserings beswyk het nadat hy in ‘n brandende voertuig gelos is.”

Bronne: The South African, EWN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Fetus van babaseuntjie gevind by ‘n onwettige stortingsterrein

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.