Man deur olifant by wildreservaat in Mosselbaai doodgetrap

Lees ook :

Foto: PTTL PhotoNews Through The Lens

WES-KAAP. – FC Conradie (39) is Dinsdag by Gondwana- privaat wildreservaat in Mosselbaai deur ‘n olifant doodgetrap. Die Kwanonqaba-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen. Conradie is die uitvoerende hoof en mede-eienaar van die reservaat.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits volgens beskikbare inligting is nooddienste omstreeks 08:00 na die toneel ontbied. Die man is met veelvuldige beserings aangetref en later op die toneel dood verklaar. Die olifant is teen daardie tyd reeds uit die kamp verwyder.

Spies bevestig die omstandighede aangaande die voorval word tans ondersoek. Mosselbay Advertiser sê Conradie word deur sy ouers, vrou en drie jong kinders oorleef.

Nuusflits het die wildreservaat vir kommentaar gevra.

Andries Erwee het op die Kalahari-Vasbyt Facebook-blad gesê: In 2003 het FC Conradie die Vasbyt gedoen. Vanoggend is hy doodgemaak deur ‘n olifant in die Gondwana-wildreservaat in die Suid-Kaap. FC het aan die HS Lutzville matriek gemaak, voordat hy dierkunde aan die UP studeer het. Later het hy n MBA van Stellenbosch verwerf. Hy was ‘n suksesvolle besigheidsman en vurige en belangrike ondersteuner van die Kalahari-Vasbyt. Hy is bekend daarvoor dat hy ons boomprojek finansier het, maar hy het dit ook moontlik gemaak vir talle wat nie die Vasbyt kon bekostig nie. Ons harte gaan uit na La-Ida en hulle seuns. Ook na sy ouers wat die Vasbyt sedert 2003 gereeld ondersteun het. FC was ‘n man soos geen ander.

PTTL PhotoNews Through The Lens sê op Facebook: Tragedy in South Africa! Multi-millionaire FC Conradie was trampled by an elephant while trying to clear the herd from tourist lodges. He had a passion for elephants and photographed them often, believing he had developed a trust relationship with them.

Dit is die tweede voorval by die reservaat waarvan Nuusflits bewus is. Lees ook hier onder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief