KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (46) van Johannesburg is Saterdagoggend vroeg in ‘n kroeg in Phoenix, waar hy ‘n vriend se verjaarsdag gevier het, tydens ‘n skietery met beweerde rowers doodgeskiet.
Reaction Unit South Africa het omstreeks 01:00 ‘n oproep vir hulp ontvang.
Met aankoms op die toneel is bevind vier beweerde verdagtes het glo die kroeg binnegegaan en die werknemers en besoekers met vuurwapens aangehou.
Die oorledene het na bewering sy vuurwapen uitgehaal en een van die verdagtes geskiet. ‘n Tweede verdagte het glo dadelik teruggeskiet en hom in die kop en lyf getref. Sy vuurwapen is glo deur die verdagtes geroof. Die verdagte wat deur die oorledene raakgeskiet is, het in ‘n wit Suzuki-motorvoertuig gevlug.
Verskeie koeëldoppies is op die toneel gevind.
NuusFlits het vir polisiekommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





