FLORIDA, VSA. – ’n Man (29) wat op sy wittebrood in Florida was, is dood nadat hy deur weerlig getref is.
Lees ook: Bruid by troue in Frankryk doodgeskiet
Die pasgetroudes het Vrydag New Smyrna-strand besoek, toe die man deur weerlig getref is terwyl hy enkeldiep in die water gestaan het.
County Beach se veiligheidsdirekteur, Tammy Malphurs, het gesê nooddienste het KPR op die man toegepas, maar hy is die volgende dag in ‘n hospitaal oorlede.
Twee gholfspelers is ook Vrydag indirek deur weerlig getref. Hulle is geskok ná weerlig ‘n voorwerp naby hulle getref het, maar hulle het nie behandeling nodig gehad nie.
Bronne: The Independent, Denver Post, Fox News
Lees ook: Ses dood en twee beseer ná boot in Tahoe-meer omslaan





