Man en vrou se tragiese dood ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Man (27) het glo Saterdagaand eers sy vrou in hulle huis met ‘n byl doodgekap, voordat hy sy eie lewe geneem het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die Levubu-polisie is besig met ‘n ondersoek na die tragiese voorval wat omstreeks 18:30 plaasgevind het. Met aankoms op die toneel het die polisie die vrou met erge beserings aangetref. Die liggaam van die man het van die dak gehang.

Ledwaba sê die motief vir die tragedie is onbekend, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.

Die polisie het sake van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief