Man en vrou sterf aan skietwonde

Lees ook :

LIMPOPO. – ‘n Man (29) en ‘n vrou (31) is Saterdagaand, beide met skietwonde, op Maake dood aangetref.

Kol. Malesela Ledwaba sê met aankoms op die toneel in Thabine, Ga-Mmaphala-woonbuurt, was paramedici reeds teenwoordig en besig met hulp aan die slagoffers. Beide is egter dood verklaar.

Die Maake-polisie ondersoek ‘n moord en doen ‘n geregtelike doodsondersoek.

Die voorlopige ondersoek dui aan ‘n huishoudelike skermutseling het tot die skietery gelei.

Ledwaba sê die voorval word behoorlik ondersoek.

Lt.genl. Thembi Hadebe het enigiemand wat probleme met huishoudelike geweld ondervind, aangemoedig om dadelik hulp te soek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief