GAUTENG. – Jan Venter, ‘n inwoner van Elandsvlei in Randfontein, is vroeg vanoggend (Dinsdag) ernstig beseer toe hy in ‘n konfrontasie met ‘n vermeende inbreker betrokke was.
EPR West Rand in Randfontein, ‘n huisveiligheidsmaatskappy, het vir Venter, wat ook by hulle in diens is, met ‘n sosialemediaplasing spoedige herstel toegewens. Venter is intussen na Netcare Milpark-hospitaal oorgeplaas.
“Ons gebede gaan uit na EPR RO Jan Venter en sy familie vir sy spoedige herstel nadat Jan in die vroeë oggendure, vanoggend 24 Junie 2025, baie ernstig beseer is tydens ‘n struweling met n inbreker in Elandsvlei L/H, Randfontein. Jan het ernstige kopbeserings opgedoen en word huidiglik oorgeplaas na Milpark-hospitaal vanaf Krugersdorp- privaat hospitaal vir spesialisbehandeling. Van bestuur en al jou kollegas by EPR, word vinnig gesond Jan!”
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]






One Response
http://farmaciabesurica.com/# farmacia online