Brekende Nuus
Misdaad

Man in hof oor vermiste dwelms van Valke

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Lucas Legabe (49) verskyn vandag (Dinsdag) in die hof in Port Shepstone vir ‘n formele borgtogaansoek in verband met dwelms wat uit die Valke se wettige bewaring gesteel is.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê Legabe is Maandag in hegtenis geneem ná ’n intensiewe ondersoek deur die Valke se ondersoekdirektoraat vir ernstige georganiseerde misdaad in Pretoria. Hy is op 11 Augustus tydens sy vervoer na KwaZulu-Natal in Germiston voor die hof gebring en in aanhouding teruggestuur. Hy het op 18 Augustus vir die eerste keer in Port Shepstone voorgekom.

Die ondersoek duur voort terwyl die polisie steeds op soek is na ander persone wat moontlik by die saak betrokke is. Verdere inhegtenisnemings is nie uitgesluit nie.