Man in hof op klag van moord na vrou se dood in beweerde Islamofobiese aanval

Lees ook :

Seun van SA Holocaust en Genocide Foundation hoof vermoor glo vrou
Seun van SA Holocaust en Genocide Foundation hoof vermoor glo vrou fotokrediet: Canva

Lees ook: Vrou se dood veroordeel na beweerde Islamofobiese aanval

DURBAN. – Grayson Beare, die vervreemde seun van die hoof van Beare Holdings en die voorsitter van die SA Holocaust & Genocide Foundation (SAHGF), het op aanklag van moord in die hof verskyn na ‘n vrou dood is in ‘n beweerde Islamofobiese mesaanval.

Halima Hoosen-Preston is Sondag in haar huis doodgesteek. Haar man en seun is albei beseer en is steeds in die hospitaal. Die paar se dogter (10) het vir die polisie gesê ‘n man het hulle aangeval omdat hulle Palestina ondersteun. Sy het ook gesê die man het gedreig om haar te verkrag.

Beare het glo Hoosen-Preston en haar familie aangeval na sy na bewering gelag het toe hy gesê het van sy familie is in Israel dood. Hy het Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Hy is op die toneel in hegtenis geneem na hy glo met ‘n bebloede mes gevind is.

Die Beare-familie het hulle van hom gedistansieer en het gesê hulle staan by die Hoosen-Preston-gesin.

Beare gaan vir sielkundige evaluasie gestuur word.

Bronne: Mail & Guardian, IOL, The Citizen

Lees ook: Verdagte wat glo ma doodsteek en gesinslede ernstig beseer, in hof

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief