Man in kamer doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (42) is vanoggend in sy kamer in ‘n buitegebou by ‘n huis in Trenance Park doodgeskiet.

Reaction Unit South Africa sê die voorval het vanoggend vroeg in Fase 2 gebeur. Die operasionele sentrum het ‘n oproep vir hulp van ‘n familielid ontvang, waarna reaksiebeamptes en paramedici na die toneel is. Die man is met ‘n skietwond aan sy kop in sy kamer aangetref.

“Volgens ‘n getuie het drie insittendes van ‘n wit Toyota Corolla (model en registrasienommer onbekend) die huis genader en skote afgevuur terwyl hulle in die erf staan. Hulle het toe die oorledene se kamer binnegegaan en hom geskiet voordat hulle in ‘n onbekende rigting gevlug het.”

Rusa sê vier 9mm-patroondoppies is op die toneel gevind.

Die motief vir die moord kon nie bevestig word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief