Man kritiek beseer na beweerde homofobiese aanval

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (20) van Cottonlands is Saterdagoggend tydens ‘n beweerde homofobiese aanval herhaaldelik met ‘n knopkiere op sy geslagsdele geslaan.

Reaction Unit South Africa sê luidens ‘n persverklaring die slagoffer is kritiek in die aanval beseer. Reaksiebeamptes en paramedici is omstreeks 06:30 vir hulp gebel. Die slagoffer is in die sitkamer aangetref en het verduidelik hy is deur drie mans aangerand toe daar uitgevind is dat hy homoseksueel is.

Die voorval het by ‘n kroeg plaasgevind, waar die slagoffer na bewering deur die verdagtes na buite gesleep, deur twee op die grond vasgedruk is en die ander hom herhaaldelik op sy geslagsdele geslaan het terwyl homofobiese kommentaar gelewer is.

Nadat die verdagtes hom net so gelos het, is hy deur die gemeenskap tot by ‘n familielid se huis gehelp. Die slagoffer het wonde aan sy geslagsdele en gesig opgedoen. Hy is gestabiliseer en daarna deur ‘n ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief