Brekende Nuus
Nuus

Man op borg ná TikTok-video oor Mkhwanazi

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi — SAPD

KWAZULU-NATAL. – Nkululeko Maxwell Makhanya is op R7 000 borgtog vrygelaat nadat hy Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn het oor ’n TikTok-video waarin hy na bewering geweld teen polisiebeamptes aangemoedig en neerhalende opmerkings oor polisiebeamptes gemaak het.

Natasha Ramkisson-Kara, NVG-streekswoordvoerder, sê Makhanya staan tereg op aanklagte wat verband hou met die beweerde oortreding van artikel 14 van die Wet op Kubermisdade 19 van 2020, asook crimen injuria. Sy borgtogvoorwaardes verbied hom om direk of indirek geweld, intimidasie of enige ander misdryf aan te hits, of dreigemente teen polisiebeamptes en regeringsamptenare te publiseer of te versprei. Hy mag ook nie sosiale media of ander kommunikasiekanale gebruik om onwettige konfrontasies met wetstoepassers aan te moedig of te organiseer nie.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 20 Januarie 2027 uitgestel.