Brekende Nuus
Afrikaans

Man op parkeerterrein van gewilde kitskosrestaurant doodgeskiet

Foto: ALS Paramedics
Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Man in sy veertigs is Donderdagmiddag net voor 15:00 in ’n skietvoorval op die parkeerterrein van ‘n gewilde kitskosrestaurant in Montclairweg, Montclair, dood.

Gartith Jamieson van ALS Paramedici sê dié diens het hulle na verskeie oproepe oor die skietvoorval na die adres gehaas. Daar is op ‘n voertuig met verskeie koeëlgate op die parkeerterrein afgekom. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie skietwonde aan sy liggaam opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die toneel is deur die polisie afgesper wat die gebeure ondersoek wat tot die skietery gelei het.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]