Man se liggaam teen bergkant gevind

Lees ook :

Foto's: IPSS Search and Rescue

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n volwasse man is Woensdag in Inanda ongeveer 160 m teen die kant van ‘n berg af gevind.

IPSS Search and Rescue is deur die metropolisie bygestaan om die liggaam met ‘n tousisteem van die berg af te kry.

Dit is onbekend hoe die man dood is, dit word deur die polisie ondersoek.

IPSS Search and Rescue het verskeie eenhede en die gemeenskap wat hulle op die toneel bygestaan het, bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief