Man se verminkte liggaam naby vulstasie ontdek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die naakte liggaam van ‘n man is Saterdagmiddag omstreeks 13:30 langs die R37 naby ‘n vulstasie op Burgersfort ontdek. Van sy liggaamsdele is vermis.

Kol. Malesela Ledwaba sê ‘n soektog na verdagtes is geloods. Die oorledene het sigbare beserings aan sy gesig en onderlyf gehad. Hy is op die toneel dood verklaar. Hy het glo saam met sy neef gebly en is Vrydagmiddag omstreeks 14:00 laas gesien toe hy weg is om ‘n meisie, onbekend aan die neef, te gaan sien. Die motief vir die voorval is nie bekend nie.

Die oorledene se identiteit word weens die ondersoek weerhou.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, veroordeel die voorval ten sterkste.

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Tony Mmotla by 083 787 3005 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief