MPUMALANGA. – ‘n Man het glo Maandagoggend probeer om van die polisie te ontvlug deur van ‘n brug in Kamagugu af te spring. Hy het sowat 10 meter na benede in ‘n rivierbedding geval en moes deur ‘n reddingspan teruggebring word na die padoppervlak.
SARZA Laeveld sê die man het weens die val meervoudige beserings opgedoen. ‘n Span is ontplooi wat van die brug tot by die man geklim het. Nadat hy gestabiliseer is, is hy in ‘n reddingsmandjie geplaas en met ‘n spesiale touselsel terug na die brug se oppervlak gehys. Hy is daarna vir verdere mediese sorg aan EMER-G-MED-ambulansdienste oorhandig.
Die reddingspan is vir hul samewerking en professionele optrede tydens die reddingsoperasie geprys.





