Man sterf na poging tot huisroof

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, het vanoggend (Woensdag) aan skietwonde gesterf voordat hy by ‘n hospitaal kon uitkom. Hy is glo tydens ‘n poging tot ‘n huisroof geskiet.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het hulle net na 05:00 na die toneel in Turfwood Place Havenside in Chatsworth gehaas. Met aankoms op die toneel was die oorledene met skietwonde reeds met privaat vervoer na ‘n hospitaal gehaas, maar het voor aankoms gesterf.

Die oorledene se ouers, wat op die toneel aangetref is, was erg getraumatiseer en het tydens die insident aan mediese toestande gely. Hulle is gestabiliseer en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Jamieson sê die insident word deur die polisie ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief