GAUTENG. – Tydens ‘n poging tot voertuigdiefstal van ‘n besoeker by die Hoër Seunskool Pretoria se Old Boys Association) (PHSOB) is ‘n man oorlede en twee ander is in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is in ‘n hospitaal opgeneem.
Kyriacos Floudiotis, PHSOB-voorsitter, sê in ‘n verklaring ’n lid van die publiek het tydens die voorval ’n vuurwapen gebruik. Die polisie en nooddienste is onmiddellik ontbied. Die klub werk ten volle met die ondersoek saam en beklemtoon dat die veiligheid van lede, personeel en besoekers hul hoogste prioriteit bly en dat dit ’n geïsoleerde insident was. Veiligheidsprotokolle word tans in samewerking met professionele veiligheidsadviseurs hersien. Normale klubbedrywighede gaan voort.
Die bestuur het hul meegevoel aan lede, families, personeel en besoekers wat deur die insident geraak is, uitgespreek .
Druk hier om die volledige verklaring te lees.





