‘n Man (22) is sedert Vrydag 2 Junie 2023 te Maitlands Beach, Oo-Kaap, in die see vermis.
Justin Erasmus, NSRI-Gqeberha se stasiebevelvoerder, sê hulle is ongeveer 13:38 na ‘n verdrinkingstoneel ontbied.
NSRI-Gqeberha se diensbemanning saam met die Nelson Mandelabaai-waterreddingsnetwerk is geaktiveer.
Verskeie rolspelers het reageer wat reddingswemmers, polisie, brandbestrydingspersoneel, lewensredders en nooddienste insluit.
Rescue 6 Bravo-reddingstuig is ter see lanseer.
Vryduiksoektogte van NMB-lewensredders en Coastal Water Rescue se reddingswemmers is uitgevoer.
‘n Uitgebreide lug-, see- en kuslynsoektog het niks opgelewer nie.
Na bewering het twee busse met werknemers van ‘n plaaslike maatskappy vir ‘n funksie strand toe gegaan.
Drie vriende, wat studente by die maatskappy is, het die water binnegegaan. Die vermiste man is deur seestrome meegesleur en het onder die water verdwyn.
Daar is steeds geen tekens van hom nie.
‘n Amptelike polisie-ondersoek is geopen en hul duikers gaan voort met die soektog.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





